You are currently viewing Kies jou brilraam uit die nuwe palet vir die herfs en winter

Kies jou brilraam uit die nuwe palet vir die herfs en winter

Van rooi, geel en grys tot perske is van die kleure wat deel is van Pantone se herfsenwinterkleurpalet waaruit jy jou brilraam kan kies. Die kleurpalet is ‘n versameling onkonvensionele kleurkombinasies waardeur die brildraer uiting aan sy of haar persoonlikheld kan gee, se Adele Camarena, oogkundige en eienaar van Spectacle World. “Die grootste neigings sluit in die herlewing van retroestetika, minimalisme, oorgroot sonbrille en genderneutrale style. Berei jou voor om in die komende maande ‘n bril te dra wat nie net jou sig verbeter of jou oe beskerm nie, maar ook ‘n modestelling maak,” se Camarena. Hierdie neigings is die begin van ‘n nuwe era waarin rooi, geel of turkoois die kernkleure gaan wees, se sy. “Soos Leatrice Eiseman, die uitvoerende direkteur van die Pantone Color Institute, se: Kleure beklemtoon ons hunkering na diepgaande en betekenisvolle selfuitdrukking. “Anders as met mode en interieurontwerpers geniet oogkundiges die voordeel van onmiddellike toegang tot die jongste style. Ons bly voortdurend aan die voorpunt van die wereld se modeneigings. Brille evolueer voortdurend en weerspieel die gees van ons era.” Ronit Fiirst het eerste die grensverskuiwende konsep van sorgvuldig handgeverfde rame bekendgestel. Hierdie noukeurig gedetailleerde, sierlike rame vergestalt ‘n onmiskenbare egtheid en is doelbewus gemaak om eiesoortigheid vanuit elke perspektief ten toon te stel. As teenpool gaan deursigtige rame ook die seisoen gewild wees. Dis die toonbeeld van elegante eenvoud en is ideaal vir diegene wat hul gelaatstrekke of grimering op hul beste wil laat vertoon. Die rame is nie net stylvol nie, maar ook veelsydig. Dit komplementeer moeiteloos enige veltoon en gesigvorm. Geometriese rame is nog ‘n groot neiging vir 2024 en werk fantasties om jou voorkoms stylvol af te rond. Pantone se persimmonkleur sal jou raam treffend laat vertoon. Pienk is ‘n tydlose keuse vir ‘n brilraam en bly ‘n gunsteling. Die gewilde Barbiefliek het beslis daartoe bygedra dat dit weer op die voorgrond is. Van die nuwe kleurneigings is Sharp Green, ‘n geelgroen, en die blomblou van krismisrose. Die herlewing van 70’smodes is ook die seisoen onmiskenbaar. Verwag dinamiese vorms en lewendige skakerings wat ‘n speelse gees in enige ensemble inbring van katoogontwerpe en geometriese vorms tot moderne ronde en vierkantige rame. Pantone stel onder meer Spectra Yellow bekend ‘n ligte skakering wat innovasie, verligting en energie vergestalt. Daarteenoor gaan die kleur Olive Oil, met sy goudgroen tint, ook gewild wees onder brildraers. In Pantone se klassieke palet is smaakvolle, subtiele skakerings. Vir ‘n meer tradisionele keuse is daar Pale Khaki, ‘n kontemporere en veelsydige bruin skakering. Nimbus Cloud is ‘n delikate grys, terwyl Fired Brick ‘n ryk, warm herfskleur is. Lava Smoke straal ‘n ondeurdringbare diep grys uit en Forest Green is ‘n staatmakergroen. Seedpearl is ‘n ligte skakering van naaswit wat ‘n tikkie helderheid by jou voorkoms sal voeg. Vir tydlose elegansie sal daar altyd plek wees, en dit is waar dun rame inpas. Hierdie klassieke rame sal bydra tot ‘n gesofistikeerde voorkoms saam met al jou uitrustings. Die rame word van delikate metaaldraad vervaardig en sal veral esteties elegant lyk in Pantone se kleur van die jaar, Peach Fuzz. “n Bril dra by tot elke mens se individualiteit en unieke styl. Dit is ‘n hulpmiddel vir selfuitdrukking en laat jou toe om jou persoonlikheid, smaak en voorkeure ten toon te stel. “Danksy die groot verskeidenheld style, kleure en vorms waarin brilrame beskikbaar is, kan dit ‘n essensiele element wees in die weerspieeling van jou identiteit. Jy kan self besluit wat jy verkies wil jy klassiek en gesofistikeerd lyk, ‘n gewaagde stelling maak of met ‘n nuwerwetse raamontwerp jou voorkoms opkikker? Jou brilkeuse word ‘n integrale deel van jou verhaal en vertel ‘n stone wat uitsluitlik joune is.” Trefferkleure en vorms Pantone se veelsydige Persimmonkleur sal jou laat uitstaan. Pantone se Spectra Yellow is een van die gewilde kleure vir die herfs en winter. Onderskei jou van die skare met een van Ronit FOrst se handgeverfde rame.